Posted: 07 Nov 2011 11:20 AM PST
Aan: Die Nederlandse volksverteenwoordigers: Staaij van der mr. C.G.; Ferrier K.G.; Ormel H.J.; Irrgang E.; Broeke ten J.H.; Pechtold A.; Roon de R. (Publiek); Thieme Marianne; Voordewind J.S.; Peters M.; Bosman A.; Dijkhoff K.; Driessen J.H.A.; Hachchi W.; Kortenoeven W.; Haverkamp M.C.; Wilders G. {Privé}; Knops R.W.; Dijk van J.J. (Jasper); Ouwehand Esther; rvraak@sp.nl; Wiegman-van Meppelen Scheppink E.E.; Sap J.C.M.; Bontes L.; Braakhuis B.; Bruins Slot H.; Dijkgraaf E.; Hennis-Plasschaert J.; Mulder A.; Schouw G.; Veldhoven van – Van der Meer; Leegte R.; Secretariaat Taverne
Morne van den Bergh, Potchefstroom :morne.vandenbergh[at]gmail. com
16 oktober 2011
Holland, help asseblief om my moord te voorkom
POTCHEFSTROOM, Suid-Afrika
My naam is Morné van den Bergh. Ek skryf vandag ʼn gewone brief vanuit my gemeensame hartboesem. Ek is ʼn gewone Suid-Afrikaanse landsburger, meer definitief ʼn Afrikaner. Nie ek, nie my ouers of enige van ons voorouers het ooit enige kriminele oortredings begaan nie.
Ons familie, soos ons hele Afrikanervolk, is werklustige mense en deur ons tradisies en kultuur van hardwerkendheid, het ons Suid-Afrika help vorm tot een van die beste opkomende lande in die wêreld. As 8-jarige kind, het my onderwyseres ons briewe laat skryf vir Prof. G Eshuis in Vriezenveen, Holland. Groot was ons kinders se verbasing toe Prof. G Eshuis die moeite gedoen het en elke kind se brief terugbeantwoord het, volgeplak met Hollandse seëls. Hierdie mooi gebaar het my liefde in Holland vir altyd gevestig en ʼn aktiewe seëlversameling tot gevolg gebring.
Waarom skryf ek vandag hierdie brief? Ek wil vandag weer vra vir ʼn mooi gebaar van Holland. Die gebaar is groter as ʼn seëlversameling wat ʼn Afrikanerkind laat glo het in die mooi van die wêreld.
Ek wil vandag pleit en vra dat u die omstandighede in die hedendaagse Suid-Afrika met ʼn vergrootglas ondersoek. Ons eens mooie land is aan’t flarde as gevolg van hewige media propaganda en kommunistiese taktiek wat die wêreld verblind het. Die ANC jeugligaleier, Julius Malema, propageer onder die swart jeug die moord van blankes.
My mense word uitgemoor soos vlieë onder die ANC regime. 4000+ plaasmoorde, elkeen wreedaardig en brutaal. Vriende en familie word aangerand en vermoor. Ons word besteel, geminag en onderdruk. Hieronder is ‘n (onvolledige) lysie van 15 mense wat ek persoonlik ken – vriende en familie – , wat deur hierdie swaargewapende misdadigers geteiken is: en die meeste Afrikaners kan almal sulke individuele lysies verskaf: ons word almal persoonlik geraak deur misdadigers. Hoeveel mense ken u in Nederland wat op hierdie manier geteiken en permanent getraumatiseerd gelaat is deur swaarbewapende misdadigers?
| Naam van Slagoffer | Verwantskap | Kriminele daad | Oorleef en gevolg |
|---|---|---|---|
| Joggie van Tonder | Vriend | Vermoor | Nee |
| Klasie Visagie | Familie | Gekaap – Geskiet – Oorleef | Ja – Psigologiese stres. |
| Mike Combrink | Familie | Geskiet – Oorleef | Ja – Voor niggies en nefie plaasgevind – Oudste dogter Psigologiese stres – Kry elke aand gillende nagmerries. |
| Pietz Badenhorst | Kennis | Vermoor | Nee |
| Leon van den Bergh | Familie | Vermoor | Nee |
| Neef en vrou Visagie – Orkney | Familie | Kaping – Beide vermoor | Nee |
| Tinus Botha | Vriend | Vermoor | Nee |
| Suzette Boshoff | Vriendin | Gekaap – Geskiet – Oorleef | Ja – Psigologiese stres. |
| Corrie Seun | Kennis | Gekaap – Aangerand – Oorleef | Ja – Gesig geheel-en-al misvormd van geweldige aanranding. |
| Hester Marais | Vriendin | Verkrag – Oorleef – RIP | Ja (RIP) |
| Afgetrede Dr – Potch | Kennis | Vermoor | Nee |
| Plaasmoord – Bure van ouers – Senekal | Kennis | Vermoor | Nee |
Wanneer u na die blits saamgestelde lysie kyk, sal u dit as normaal beskou dat een persoon soveel vriende en familie aan moord afgestaan het? Is dit normaal dat soveel mense bekend aan een persoon deur gruwel geweld geraak word? Dan het ek nie “klein” misdade soos huisroof, aanranding, ontvoerings, motordiefstal en-inbrake, ens., aangeraak nie. Ook het ek nie die verval van ons land se infrastruktuur, akademie, beskerming, landbou, gesondheidsdienste en munisipale dienste aangeraak nie. Elke Afrikaner in Suid-Afrika kan ʼn soortgelyke storie vertel. Ons word omring deur misdaad en moord. Ons gaan stap nie meer alleen buite nie. Ons is bang as ons snags gaan slaap. Ons moet elke dag oor ons skouers loer. Ons sluit onself toe agter tralies, slotte en grendels terwyl ons deesdae beurte te maak om mekaar af te los om te waak wanneer ons slaap. Ons bid elke dag vir God se bewaking en ons bid dat ons more sal oorleef. Méér nog, ons bid vir ʼn wonderwerk waar die skille van die wêreld se oë sal afval.
Ek pleit vandag by u om die ware situasie in Suid-Afrika te ondersoek en te openbaar aan die susters lande en lande wat sal omgee. Die ‘Suid-Afrika’ kroniek word perfek uitgebeeld in Ilana Mercer se boek “Into the Cannibal’s pot”. Die boek is baie kontroversieel omdat die skryfster statistiek ophaal van ras. Ek vra dat u verby die statistiek van ras kyk en die feite gepubliseer aanskou oor Suid-Afrika. Hierdie boek is die kreet van Afrikaners. Lees dit asseblief, asseblief, asseblief!!!
Help ons om ons eie land te kan kry waar ons onself kan regeer sonder om uitgemoor te word, deur wette verarm en onderdruk word nie. Besoek gerus die volgende Facebook bladsye ter verdediging van my pleidooi.
1) Facebook: Genocide of the White minority in South Africa – did you know?
2) Facebook: Censorbugbear Reports – en ook: http://www.censorbugbear.org
Afrikaners is op ʼn “Genocide Watch” skaal 6 geplaas. (sien hul verklaring hieronder). My geloof is in Holland, help asseblief om my en my familie se dood te voorkom. Ons word as volk uitgemoor. Asseblief help ons, ons krete is luid en juis – HELP ASSEBLIEF!
Die uwe,
Morné van den Bergh
PotchefstroomSuid-Afrika
No comments:
Post a Comment